SJOKOLADE- EN LEMOENKOEK
- 125 g bak margarien, kamertemperatuur
- 200 ml strooisuiker
- 400 ml koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- knippie sout
- 2 ekstra groot eiers
- 2 ml vanilla geursel
- 125 ml melk
Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit 2 koekpanne van 20 cm met kleefwerende kossproei.
Plaas die margarien in ‘n groterige mengbak en voeg die strooisuiker by. Meng goed.
Sif die droë bestanddele oor die margarien.
Klits die eiers, melk en vanilla geursel saam in ‘n maatbeker. Voeg by die meelmengsel. Klits tot glad. Moenie oormeng nie.
Variasie:
Maak die beslag 2 maal aan in twee mengbakke.
Beslag 1:
Vervang 50 ml van die melk in een beslag deur lemoensap.
Voeg ook die gerasperde skil van 1 lemoen by.
Beslag 2:
Meng 50 ml kakao met 35 ml warm water, voeg 20 ml koue water by en voeg by die mengsel. Meng deur.
Skep lepelsvol van elke beslag afwisselend in die twee koekpanne en trek met ‘n mes daardeur om ‘n marmer effek te kry. Bak 45 – 50 min lank tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit.
- Versiersel:
- 150 ml bak margarien of botter, kamertemperatuur
- 45 ml lemoensap
- 500 ml versiersuiker
Klits die margarien baie goed tot dit lyk soos room, voeg die versiersuiker geleidelik by terwyl jy heeltyd klits. Sodra die tekstuur reg is, sit die lemoensap by en meng deur.
Versier die koek wanneer die koek heeltemal koud is.
(Ek het sommer in die middel karamel gesit)
Resep en foto’s: Amanda Austen












