SJOKOLADE EN KLAPPERBESKUIT (ROMANY CREAMS)
Met die nuwe beskuit op die rakke het ek besluit om my karringmelk beskuit aan te pas en my eie Romany Cream beskuit te maak en dit het heerlik gekom.
- 10 koppies koekmeel
- 18 teelepels bakpoeier
- 5 eiers
- 2 koppies suiker
- 750 ml Amasi
- 500 g Rama margarien of botter (70% vet inhoud)
- 5 koppies klapper
- 2 koppies donker kakao (of meer indien verkies)
- sout
Verhit die oond tot 170°C.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Voeg die klapper by en meng.
Voeg kakao by suiker en meng totdat daar geen klontjies kakao is nie.
Voeg die margarien by en smelt in die mikrogolf tot gesmelt.
Voeg amasi by suikermengsel en meng.
Voeg eiers by suikermengsel en klits goed.
Voeg die suikermengsel by die droë bestanddele en meng tot ‘n deeg.
Deel die deeg tussen die beskuitpanne (nota onderaan). Maak gelyk bo-op.
Indien jy ‘n pan met ‘n drukker gebruik sal dit net 1 pan vol wees.
Bak vir 45 tot 60 minute tot gaar toets.
Laat heeltemal afkoel voordat beskuite gesny word.
Droog oornag uit.
Nota:
Ek het 2 van my ma se ou broodpanne gebruik.
Die pan is 34 x 12 x 9.5 cm. Het 14 skywe uit een pan gekry en elke skyf in 3 gesny omdat dit die hele pan se hoogte vol gerys het. Was altesaam so plus minus 84 stukkies.
Resep en foto: Alta de Wet