Your Recipe Blog

SJOKOLADE CUPCAKES

SJOKOLADE CUPCAKES

  • Beslag:
  • 125 ml sonneblomolie
  • 180 g (¾ koppie) strooisuiker
  • 3 eiers
  • 125 ml melk
  • 310 ml koekmeel
  • 60 ml kakao
  • 5 ml koeksoda
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml vanielje geursel
  • Versiersel:
  • 75 g margarien
  • 500 ml versiersuiker
  • 40 ml kakao
  • 2.5 ml vanielje geursel

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Sif droë bestanddele saam.
Klits eiers, olie, melk en vanielje saam.
Voeg helfte van eiermengsel by droë bestanddele en meng. Voeg dan res van eiermengsel by en meng tot net vermeng.
Verdeel die deeg gelykop in 12 muffin grootte papierhouertjies, bak vir 15 – 20 min.
Laat afkoel op ’n draadrakkie.

Versiersel
Klits margarien tot sag. Meng kakao met versiersuiker. Voeg by botter en voeg dan klein bietjies melk by tot mengsel die regte smeerbaarheid het. Voeg geursel by en klits tot romerig.
Versier soos verkies.

Resep en foto: Elaine Steyn Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page