Your Recipe Blog

SJOKOLADE CRUNCHIE STAFIES

SJOKOLADE CRUNCHIE STAFIES

  • 2 houertjies room (500 ml)
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 4 Crunchie sjokolades
  • coconut tea biscuits of koekies van jou keuse

Klits room styf.
Meng blikkie kondensmelk by en klits weer tot styf.
Breek 3 van die Crunchies en meng met mengsel.
Pak koekies onder in 2 broodpannetjies.
Skep helfte van die mengsel in een pan en die ander helfte in ander pan.
Breek laaste Crunchie en strooi bo-oor die twee pannetjies.
Maak toe met kleefpapier en sit in vrieskas oornag.
Sny in blokke, dit is regtig baie lekker.

Foto en resep:  Marian van Deventer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5