SJOKOLADE BRUINTJIES MET VERSIERSEL
Chocolate brownie pas uit die oond. Vinnig en lekker. Grootte van die tertbak is 20 x 30 x 5 cm.
Voorverhit oond tot 180˚C.
- Sif die volgende saam in ‘n groot mengbak:
- 3 koppies koekmeel
- 4 teelepels bakpoeier
- 2 koppies suiker
- 1 teelepels koeksoda
- ⅓ koppie kakaopoeier
- knippie sout
- Meng die volgende in n beker saam:
- 2 koppies kookwater
- 1 koppie olie
- 2 teelepels vanilla geursel
- 50 ml wit asyn
Voeg die natmengsel by die meelmengsel en meng goed deur.
Skep in ‘n gesmeerde oondpan en bak vir 20 minute.
- Versiersel:
- 125 g botter/margarien
- 1½ koppie versiersuiker
- 15 – 30 ml kakaopoeier
- 1 teelepel vanilla geursel
- 1 eetlepel melk
Sit al die bestanddele van die versiersel in ‘n mikrogolfbak, op hoog vir ‘n minuut. Meng en plaas weer in die mikrogolf vir ‘n minuut op hoog en meng weer. Skep die versiersel oor die koek sodra dit uit die oond kom en smeer met “spatula” tot egalig.
Lekker eet!
Resep en foto: Renate Visser