Your Recipe Blog

SJOKOLADE BLOKKIES

Recipe by
Cook: 30 - 35 min | Servings: Ongeveer 20 - 25 blokkies

SJOKOLADE BLOKKIES

  • 500 ml koekmeel
  • 500 ml hawermout
  • 500 ml klapper
  • 250 ml wit suiker
  • 50 ml kakao
  • 10 ml bakpoeier
  • 350 ml botter
  • melk, indien nodig
  • Versiersel:
  • 50 g botter
  • 25 ml kakao
  • 500 ml versiersuiker
  • klein bietjie warm water

Voorverhit die oond tot 180°C.
Bespuit ‘n oondpan (28 x 23 cm) met kleefwerende kossproei.
Meng al die droë bestanddele.
Voeg die botter by en vryf met jou vingerpunte tot goed gemeng. (Die mengsel behoort vorm te hou, indien nie voeg bietjie melk by tot dit vorm behou).
Skep in die voorbereide oondpan en druk plat.
Bak 30 – 35 min lank tot toetspen skoon uitkom.
Laat afkoel.

Maak intussen die versiersel:
Sif die versiersuiker en verroom saam met die botter.
Voeg die kakao by en klits tot goed gemeng.
Voeg genoeg warm water by om ‘n gladde versiersel te vorm. (Baie min op ‘n slag)
Smeer die versiesel oor die afgekoelde koek.
Sny in blokkies.

Resep en fotos: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page