SJOKOLADE BLOKKIES
Resep en fotos: Amanda Austen
- 500 ml koekmeel
- 500 ml hawermout
- 500 ml klapper
- 250 ml wit suiker
- 50 ml kakao
- 10 ml bakpoeier
- 350 ml botter
- melk, indien nodig
- Versiersel:
- 50 g botter
- 25 ml kakao
- 500 ml versiersuiker
- klein bietjie warm water
- Voorverhit die oond tot 180°C.
- Bespuit ‘n oondpan (28 x 23 cm) met kleefwerende kossproei.
- Meng al die droë bestanddele.
- Voeg die botter by en vryf met jou vingerpunte tot goed gemeng. (Die mengsel behoort vorm te hou, indien nie voeg bietjie melk by tot dit vorm behou).
- Skep in die voorbereide oondpan en druk plat.
- Bak 30 – 35 min lank tot toetspen skoon uitkom.
- Laat afkoel.
- Maak intussen die versiersel:
- Sif die versiersuiker en verroom saam met die botter.
- Voeg die kakao by en klits tot goed gemeng.
- Voeg genoeg warm water by om ‘n gladde versiersel te vorm. (Baie min op ‘n slag)
- Smeer die versiesel oor die afgekoelde koek.
- Sny in blokkies.
Category:


