SJOKOLADE BIERBOKSKOEK OF -KOLWYNTJIES
- 500 ml water
- 250 ml olie
- 8 hoogvol teelepels kakao
Plaas bogenoemde bestanddele in ‘n kastrol en verhit op die stoofplaat tot kookpunt. Verwyder van die hitte en giet die inhoud uit in ‘n bak waarin dit kan afkoel. Dit MOET kamertemperatuur wees voor dit gebruik word.
- Klop saam:
- 8 groot eiers
- 3 koppies suiker
- 3 teelepels vanilla geursel
- ½ teelepel sout
- Sif saam:
- 4 koppies koekmeel
- 4 hoogvol teelepels bakpoeier
Voeg die water- en oliemengsel by die eier- en suikermengsel en roer deur.
Voeg die meelmengsel by die vloeistof en meng baie goed deur met draadklitser.
MOENIE met ‘n elektriese menger klits nie!
Skep die beslag in kolwyntjie-papierkoppies met ‘n roomyslepel en bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 20 minute.
Versier soos verkies.
Nota:
Om ‘n groot koek te bak, giet die beslag in ‘n voorbereide bierboks of oondpan en bak in ‘n voorverhitte oond by 180°C vir 1 uur.
Aangesien oonde kan verskil, is dit belangrik dat jy die koek toets na 1 uur, om seker te maak dit is gaar.
Resep en foto: Vasti Linquist