SJOKOLADE BESKUITJIE FUDGE
- 1 pak Marie beskuitjies
- 250 g botter
- 1 pak versiersuiker (500 g)
- 30 g kakao
- 1 eier
Breek beskuitjies in stukkies.
Smelt botter, voeg suiker en kakao by en roer.
Klits eier en klop vinnig by.
Haal van stoof af en roer beskuitjies by.
Skep in ‘n voorbereide pan, en laat afkoel.
+ – 60 klein blokkies
Resep geplaas deur Riana du Plessis
Foto en nota: Nicolene Pienaar
Nota:
Ek wil net een ding noem, ek sit my stoofplaat op 2, dan gooi ek solank die botter in om te smelt, dan sif ek gou die goed, en krummel die koekies. Dan is die botter al gesmelt as ek klaar is, en as julle die eier ingooi, haal jou pot van die plaat af en roer dit vinnig in, anders word die eier gaar en maak stukkies eier in die fudge. Dit was my heel eerste baksel se probleem, maar het uit my fout uit geleer.
Nota: Annelie Page
Ek roer ‘n eetlepel lekker sterk koffie op gelos in ‘n baie klein bietjie warm water by, vat die erg soet weg, maar nog steeds lekker.
My beskuitjie fudge wil nie hard word aan die onderkant nie! Wat does ek verkeerd?
Hi Suna, watse botter het jy gebruik, het jy nie dalk margarien gebruik wat nie geskik is vir bak nie.
Groete
Rina
Hi Rina, dankie dat jy geantwoord het.
Moet ek dan ‘salted’ of ‘unsalted’ botter gebruik?
Groete
Suná
Hi Suna dit maak nie regtig ‘n verskil nie, enige een of enige bak margarine met ‘n vetinhoud van meer as 70 % sal goed werk.
Hoop dit kom reg.
Groetnis