SJOKOLADE BALLETJIES
Soos belowe …. My man noem dit verslaafkoekies.
- 500 g margarien
- 250 g strooisuiker
- 800 g koekmeel
- 3 x 200 g Cadbury pepermint sjokolades
- versiersuiker om oor te sprinkel
Sny elke blokkie van die sjokolade in 4 stukkies.
Room margarien en strooisuiker vir 3 minute.
Voeg meel by.
Meng liggies tot sagte hanteerbare deeg.
Voeg druppels gewys water by indien die deeg te styf voel.
Rol nou ‘n stukkie sjokolade in 1 teelepel deeg toe in ‘n mooi balletjie.
Pak op ‘n voorbereide bakplaat.
Pak op ‘n voorbereide bakplaat.
Bak 15 minute by 180°C.
Bedek afgekoelde koekies met gesifte versiersuiker.
Verpak in 10 sakkies van 200 g elk.
Resep en foto: Elrika Lesch
Category: