Your Recipe Blog

SJINESE “HOT DOG” ROLLETJIES

Recipe by
Cook: 12 tot 15 minute

SJINESE “HOT DOG” ROLLETJIES

“Chinese hotdogs buns. Kan maklik verdubbel.”

  • 130 g broodmeel
  • 20 g suiker
  • 1 g sout
  • 3 g kitsgis
  • 1 eier
  • 50 g melk
  • 20 g bak margarien, kamertempratuur
  • 5 weense worsies, af gedroog met kombuispapier
  • eiersmeersel (1 eiergeel en 2 eetlepels melk)
  • droë pietersielie, na smaak

Meng alle bestanddele, behalwe die margarien en knie die mengsel totdat ’n mooi deeg vorm.
Maak dit toe met ‘n doek en laat rus vir 15 minute.
Knie die margarien in en knie vir 15 – 20 minute totdat dit ‘n sag, maar hanteerbare deeg is.
Laat dit rus vir 50 minute of totdat dit dubbeld die grootte gerys het.
Knie die deeg af en deel die deeg in vyf eweredige stukke. Vorm dit in balle en laat dit rus vir 15 minute.
Rol die balle een-vir-een uit in ovaal  vorms. (sien foto 2)
Sny strepe tot in die helfte van elke uitgerolde bal – dit lyk dan soos ‘n handpalm met vingers.
Rol ‘n af gedroogde weense worsie toe in elke bal. (sien foto 2)
Laat weer rus vir 50 minute.
Gebruik ‘n kwassie en smeer die bokante van die worsrolle met die eiersmeersel.
Plaas die worsrolle  op ‘n bakplaat wat met bakpapier bedek is.
Sprinkel pietersielie oor die worsrolle en bak vir 12 tot 15 minute in ‘n voorverhitte oond van 180 °C.
Bedien saam aartappelskyfies of sommer soos op die aangehegde foto.

Resep geplaas en foto: Martie Labuschagne

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page