Your Recipe Blog

SJERRIE LAMSKENKELS

Cook: 6 ure prutpot

SJERRIE LAMSKENKELS

Resep en foto: Amanda Austen

  • 1 lamskenkel per persoon
  • 250 ml koekmeel
  • 60 ml botter
  • 30 ml olyfolie
  • 1 groot ui, opgekap
  • 4 knoffeltoontjies, opgekap
  • 5 ml droë tiemie
  • 250 ml “Old brown” sjerrie
  • 1 blik (400 g) heel tamaties, opgekap
  • 500 ml beesvleisaftreksel
  • 15 ml bruinasyn
  • 250 ml kookwater
  • 30 ml bruinsuiker
  • sout en peper na smaak
  • Verhit die botter in ‘n groot pan of kastrol by hoë hitte op die stoof.
  • Rol die lamskenkels in die koekmeel en braai dit tot mooi bruin aan albei kante in die warm botter.
  • Verwyder die vleis uit die pan en plaas eenkant.
  • In dieselfde pan, voeg die olie by en braai die uie, knoffel en tiemie tot sag en geurig.
  • Voeg die sjerrie by, laat dit kookpunt bereik en prut vir 5 min.
  • Voeg die tamaties, aftreksel, asyn, kookwater en bruinsuiker by.
  • Plaas die lamskenkels by die vloeistof in die pan en geur met sout en peper na smaak.
  • Verlaag die hitte na medium en kook tot die skenkels sag en die sous verdik het.
  • Kookwater kan deur die proses bygevoeg word, indien nodig.
  • Bedien met kapok aartappels en groente.
  • Nota: Ek het die gereg sommer in my prutpot gemaak en vir 6 ure gekook.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page