SITRUSSKIL NEUTBESKUIT
Wou vandag iets probeer wat ek nie seker was sou werk nie.
- 8 koppies bruismeel
- 2 koppies All Bran flakes of Weetbix, stukkend gedruk
- 2 teelepels bakpoeier
- 2 koppies suiker
- 8 ml sout
- 100 g gemengde sitrusskil
- 100 g gemengde sade en neute
- 500 g margarien
- 2 eiers
- 375 ml water
Meng droë bestanddele saam.
Smelt margarien.
Klits eiers saam met die margarien.
Voeg water die by en roer goed deur.
Meng in by die droë bestanddele. (indien die deeg te styf is, voeg nog so 60 tot 80 ml water by)
Druk in gesmeerde pan, sny in vingers en bak 60 min by 180°C.
Laat afkoel.
Sny weer en droog 6 ure teen 100°C tot droog.
Resep en foto: Annetjie Huyssteen