SITRUS HOENDERSOSATIES
- Marinade:
- 1 vars lemoen se sap (ongeveer 125 ml)
- 50 ml suurlemoensap
- 30 ml heuning
- 30 ml olyfolie
- 5 ml knoffelsout
- 5 ml paprika
- varsgemaalde swart peper na smaak
- 2 knoffel vingers, fyn gekap
- ½ teelepel Ina Paarman “lemon and black pepper seasoning”
- ¼ teelepel uiesout
- Sosaties:
- 4 ontbeende hoenderborsies
- 5 tot 6 sosatiestokkies
- 10 tot 12 gedroogte perskes
Meng die marinade bestanddele saam.
Sny elke hoenderborsies in ongeveer 5 – 6 stukkies, maar as die stukkies te groot is sny middeldeur.
Plaas die hoender en perskes in ‘n bak waarin alles mooi plat lê, en giet die marinade oor.
Laat staan oornag in die yskas of vir minstens 6 ure.
Ryg die vleis en perskes in die stokkies, en sit terug in die marinade totdat dit gebraai word.
Braai oor medium kole tot die hoender net gaar is, moenie te lank braai nie, ongeveer 15 min.
Nota:
Hoender vlerkies kan ook gebruik word indien verkies. Verwyder die punte, sny die vlerkies in twee en volg die resep.
Resep aangepas en foto: Rina Kleinhans