Your Recipe Blog

SHOKUPAN (SJINESE BROOD)

Recipe by
Cook: 35 minute

SHOKUPAN (SJINESE BROOD)

“Lekker eet!”

  • 625 g broodmeel
  • 3 eetlepels suiker
  • 2½ teelepels sout
  • 2 teelepels kitsgis
  • 190 ml louwarm water
  • 3 eetlepels sagte botter
  • eiermengsel  (1 eiergeel en 2 eetlepels melk)

Voeg al die bestanddele, behalwe die botter en die eiermengsel, in ‘n mengerbak en knie die deeg vir 10 minute tot ‘n sagte tekstuur, voeg die botter by en knie vir ‘n verdere 15 minute.
Maak die deeg toe en laat dit rys vir een uur.
Verdeel die deeg in vier gelyke dele, rol dit in balle en laat dit rus vir 10 minute.
Rol elke bal dikkerig uit en vou beide opponerende punte van die deeg na binne en rol dit op.
Plaas die gevormde balle in twee gesmeerde broodpanne met ‘n grootte van 188 x 99 x h 109 mm.
Laat die balle weer rys tot die deeg so een mm bo die bakpanne is, smeer die brood bo-op met eiermengsel (1 eiergeel en 2 eetlepels melk).
Bak die brode vir 35 minute in ‘n vooraf verhitte oond van 170 °C.
Smeer die brood bo-op met botter en laat dit afkoel.

Resep en foto: Martie Labuschagne

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page