Your Recipe Blog

SHEILA SE WENNER TUNATERT

Recipe by
Cook: 30 - 40 min

SHEILA SE WENNER TUNATERT

Resep:  Sheila Marsburg Troskie
Foto:  Amanda Vallero
Hier is my heerlike Tunatert Wenresep.

  • Kors:
  • Meng die volgende saam en druk vas in gesmeerde tert bak.
  • 1 pak salticrax baie fyn gemaak
  • 80 ml  gesmelte botter.
  • Vulsel:
  • Braai die volgende saam:
  • 2 fyn gesnyde uie
  • 1 fyn gesnyde groen soetrissie
  • 1 pak gesnyde sampioene
  • knoffel na smaak
  • Meng die volgende by die uiemengsel:
  • 2 blikkies tuna in water gedreineer
  • 250 ml room geklits, maar nie styf nie
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • 2 geklitste eiers
  • sout en peper
  • knippie peri peri
  • paprika na smaak
  • Skep die mengsel in die voorbereide tertkors.
  • Strooi bietjie paprika oor.
  • Bak teen 180° C vir ongeveer 30 tot 40 min tot gestol en bruin.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page