SHAROLENE SE MAASKAAS TERT
Sondag het ‘n vriendin die tert gemaak, dit maak ‘n 5 liter bak vol en is ongelooflik lekker.
- 500 ml room
- 250 ml suurlemoen sap
- 2 blikkies kondensmelk
- 2 bakkies gewone maaskaas (plain)
- 1 pakkie Tennis beskuitjies
- 1 blikkie vrugtekelkie (fruit cocktail)
Klits room en suurlemoensap saam tot dik.
Voeg kondensmelk en maaskaas by en meng met matige spoed.
Pak Tennis beskuitjies in glasbak en skep mengsel oor, smeer gelyk
Skep die vrugte bo-oor.
Laat stol in yskas en bedien.
Resep: Sharolene Cronje
Foto: Meisie van der Colff