Your Recipe Blog

SHANGHAI STEAK

SHANGHAI STEAK

  • 1 kg medallions kruisskyf, in dun skyfies gesny
  • 2 eetlepels Maizena
  • 100 ml olyf/makadamia olie
  • 3 eetlepels asyn, rys of gewone witasyn
  • 4 eetlepels soyasous
  • 2 eetlepels bruinsuiker
  • 1 ui, fyn gekap
  • 1 koppie ertjies of gevriesde gemengde groente, ontvries
  • 2 opgehoopte teelepels koeksoda

Plaas die die kruisskyf medallions in ‘n glasbak en strooi die koeksoda liggies oor die vleis.
Meng goed deur en plaas in die yskas vir 30 – 45 minute.
Meng solank die sous/marinade – Maizena, olie, asyn, soya sous, bruin suiker en fyn gekapte ui.
Haal die vleis uit die yskas en spoel met koue water deeglik af – druk droog met papierhandoek.
Plaas die vleis en marinade terug in die glasbak en meng weer goed. Plaas is die yskas en marineer vir 2 – 3 uur.
Haal uit die yskas en roerbraai vir 3 – 4 minute op hoë hitte tot die vleis so 80% gaar is, meng die ertjies/gemengde groente by.
Braai vir ‘n verdere twee minute.
Bedien op rys of noedels of risotto.

Resep en foto: Jan Salti Viljoen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page