SEMOLINA EN PEER MET GEMMER STROOP GEBAKTE NAGEREG
- Sif die volgende saam:
- ½ koppie semolina
- ½ koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 3 eetlepel strooisuiker
- knippie sout
- Sit volgende in maatkoppie en maak vol met melk tot by 250 ml
- ¼ koppie olie
- 1 eier
- ½ teelepel asyn
Kilts met vurk en gooi by die meel mengsel en meng goed met draad whisk of eierklitser.
Spuit oondvaste bak van 2 liter inhoud met spray and cook.
Gooi die beslag onder in bak.
Skep die peer wiggies bo-op die degie.
Bak in voorverhitte oond by 200°C vir 20 min of tot gaar en goudbruin bo.
Nota:
Ek het vanaand hierdie in my LG Solardom konveksie oond gebak:
Speed Combi 5 180°C + M/W 180W vir 20 min
Terwyl die poeding bak maak die stropie:
- 1 koppie van die geblikte peer stroop
- 2 eetlepels gemmer stroop (van my gepreserveerde gemmer stukke wat ek vir vrugtekoeke gebruik)
- paar stukke van die gepreserveerde gemmer, dun gesny
- 3 eetlepels strooisuiker
Kook tot die stroop begin verminder tot ongeveer half koppie vloeistof.
Sodra die gebakte nagereg uit oond kom gooi die warm stropie oor die warm nagereg en bedien met dik vla of room.
Vir die foto het ek met versiersuiker gesprinkel.
Foto en resep: Elsabie Templeton