Your Recipe Blog

SEMELBESKUIT

Recipe by
Cook: 50 minute | Servings: 84 beskuite.

SEMELBESKUIT

Pan grootte: 49 x 34 cm

  • 5 koppies semels
  • 1 kg bruismeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 2 teelepels sout
  • 1 koppie sonneblomsaad
  • 1 koppie klapper
  • 2 koppies suiker
  • 375 g Rama
  • 3 eiers
  • 500 ml Amasi
  • ¼ koppie olie

Meng al die droë bestanddele saam.
Klits eiers en suiker goed saam.
Smelt margarien en roer by suikermengsel. Voeg Amasi en olie by en roer goed.
Voeg vloeistofmengsel by droë bestanddele.
Meng saam tot hanteerbare deeg. Druk die deeg plat in die panne en druk met drukker af.
Bak by 180°C vir 50 minute.
Sodra afgekoel, sny op drukker se merke.
Verwyder uit panne en droog oornag by 100°C uit.

Foto en resep:  Alta de Wet

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page