SEMELBESKUIT MET KOEKMEEL
- 1 kg (8 koppies) koekmeel
- 750 ml (3 koppies) volkoringmeel
- 125 ml (½ koppie) semels
- 45 ml (3 eetlepels) bakpoeier
- 10 ml (2 teelepels) koeksoda
- 5 ml (1 teelepel) sout
- 500 ml (2 koppies) suiker
- 500 g (1 blok) botter
- 500 ml (2 koppies) karringmelk
- ± 1 koppie melk ekstra
- 3 eiers
Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng die koekmeel, volkoringmeel, semels, bakpoeier, koeksoda, sout, en suiker in ‘n groot mengbak.
Vryf die botter by die droë bestanddele in.
Klits die karringmelk, melk en eiers in ‘n beker tot gemeng en voeg dit by die meelmengsel, knie tot ‘n stywe deeg vorm (indien die deeg te styf is, voeg bietjie melk by).
Vorm balletjies en pak in twee gesmeerde broodpanne van 10 x 28 cm (ek skep met ‘n groot lepel hope in die panne en druk effens gelyk).
Bak vir 55 minute in die voorverhitte oond of tot toetspen skoon uitkom.
Sny of breek in stukkies en droog in die oond uit teen 70°C vir 5 – 6 uur.
Resep en foto: Louisa Hollenbach