Your Recipe Blog

SEMELBESKUIT MET VARIASIE

SEMELBESKUIT MET VARIASIE

Resep en foto: Yolandé van der Westhuizen

  • 2 x 500 g bruismeel
  • 5 koppies semels
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 2 teelepels sout
  • 500 g Stork Bake margarien
  • 2 koppies suiker
  • ½ koppie kookolie
  • 2 eiers
  • 500 ml karringmelk
  • Sif die droë bestanddele saam. Smelt die margarien.
  • Voeg die suiker, olie, eiers en karringmelk by die margarien en roer tot suiker opgelos is.
  • Voeg die eiermengsels by die meelmengsel. Meng goed deur en sit in beskuitpanne.
  • Bak 1 uur teen 180°C.
  • Variasie: Vervang semels met ander bestanddele indien verkies. Bv 3 koppies semels met 2 koppies Muesli of voeg gedroogte bosbessies by.

Hierdie resep het oneindige baie moontlikhede, gebruik net verbeelding.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page