Your Recipe Blog

SEMELBESKUIT MET VARIASIE

SEMELBESKUIT MET VARIASIE

  • 2 x 500 g bruismeel
  • 5 koppies semels
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 2 teelepels sout
  • 500 g Stork margarien bake
  • 2 koppies suiker
  • ½ koppie kookolie
  • 2 eiers
  • 500 ml karringmelk

Sif die droë bestanddele saam. Smelt die margarien.
Voeg die suiker, olie, eiers en karringmelk by die margarien en roer tot suiker opgelos is.
Voeg die eiermengsels by die meelmengsel. Meng goed deur en sit in beskuitpanne.
Bak 1 uur teen 180°C.

Variasie:

Vervang semels met ander bestanddele indien verkies. Bv 3 koppies semels met 2 koppies Muesli.
Of voeg gedroogte bosbessies by.
Hierdie resep het oneindige baie moontlikhede, gebruik net verbeelding.

Resep en foto: Yolandé van der Westhuizen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page