SELDERY PESTO
“Ek het ‘n klomp seldery blare uit my tuin oorgehad en maak toe sommer pesto daarvan en is nogals lekker. Hierdie gaan ek vries ek hoop dit vries goed. Dis is djeeerlik op brood en ook as ‘n dip saam met koekies en kaas.”
- 2 – 3 handevol selderyblare
- sout en peper, na smaak (½ teelepel sout en ‘n bietjie Aromat)
- 1 eetlepel rissiesous
- 1 eetlepel knoffelpulp
- 3 eetlepels gekapte neute
- 3 eetlepels olyfolie
- 50 ml water
Plaas alles in ‘n voedselverwerker/versapper en meng tot ‘n loperige, gladde tekstuur na smaak.
As dit nie na jou sin is nie, voeg bietjies-gewys nog olyfolie by.
Resep en foto: Gideon Louw