SEEKOSPAELLA IN ‘N POT (OF STOOF)
- bietjie olie om in te braai
- 2 medium groot uie, efffens grof gekap
- 1 groot groen soetrissie, effens grof gekap
- 250 g wit sampioene, gesny
- 1 blik Italiaanse heel tamaties
- 2 ½ koppies rou rys
- 5 koppies water
- 1 blokkie hoenderekstrak
- 500 g gerookte skelvis
- 750 g – 1 kg garnale
- 2 blikkies gerookte mossels
- sout en peper na smaak
Braai uie en groen soetrissie in olie tot uie ligbruin is. Haal dit uit pot.
Braai 500 g haddock (in stukkies gesny) in dieselfde olie tot gaar. Haal uit.
Voeg rou rys in pot, asook 5 koppies water waarin die hoender-ekstrak opgelos is asook die blik tamaties en die sampioene.
Sit deksel op en kook oor stadige hitte tot die rysmengsel gaar is. Sout na smaak.
Plaas 2 eetlepels botter in pannetjie. Braai garnale in botter tot lig oranje.
Haal garnale uit dop as jy die in doppe gebruik het, plaas vis, garnale, uie en soetrissie alles terug in pot.
Voeg ook 2 blikke gerookte mossels by (kan ook vars gaar mossels gebruik).
Sit deksel op vir 10 min en roer deur.
Bedien met lekker vars brood en ‘n bottel wyn.
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand