Your Recipe Blog

SEEKOSBREDIE

SEEKOSBREDIE

  • 2 groot hake (of enige wit vis filette van jou keuse)
  • 300 g gevriesde seekos mengsel
  • 300 g gevriesde garnale
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 20 ml botter of olie
  • 1 groot tamatie, in blokkies gesny
  • 500 ml melk
  • 1 pakkie seekos roomsop (of tamatieroomsop, afhangende van wat jy kan kry)
  • 2 teelepels vars pietersielie, fyn gekerf
  • 2 teelepels sprietuie, fyn gekerf
  • 50 ml room
  • 200 g baba spinasie
  • 5 ml suurlemoensap
  • sout en peper na smaak

Braai ui en knoffel in botter tot sag en deurskynend. Voeg tamatie, melk en soppoeier (aangemaak met 75 ml water of melk) by, en prut vir 5 – 10 minute.
Voeg die vis, seekos, garnale, pietersielie en grasuie by en prut nog 10 minute totdat die vis en seekos gaar is.
Roer room, spinasie, suurlemoensap, sout en peper by, prut nog 5 minute en bedien met knoffelbrood.

Foto en Resep: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5