SEEKOS PAELLA
- 2 koppies Tastic Arborio rys
- ongeveer 2 liter hoender aftreksel en ektra water
- rys speserye
- safraan, so ‘n paar stringetjies opgelos in 1 koppie water
- 3 eetlepels olie
- 1 teelepel gerookte paprika
- sout en peper na smaak
- suurlemoen skyfies
- 800 g mossels
- 850 g “prawns”
- 500 g “shrimps”
- 2 uie, gekap
- 4 chorizo worsies, opgesny
- 200 g hoender, in blokkies gesny
Braai uie tot deurskynend, nie bruin, voeg hoender en chorizo by en braai verder tot net gaar.
Haal uit en hou eenkant.
Voeg 2 koppies rys in paella pan en roerbraai effens, voeg bietjies-bietjies water by en ook speserye.
Kook tot rys amper gaar is en voeg hoender, uie en worsies weer by rys.
Rankskik “shrimp”, “prawns” en mossels bo-op. Plaas deksel op en stoom verder tot alles gaar en warm is.
Versier verder met pietersielie en suurlemoen skyfies en bedien.
Resep geplaas deur Alta Gunter van Dyk
Foto: Alta Gunter van Dyk