Your Recipe Blog

SEAN SE SAVOURY BROOD

SEAN SE SAVOURY BROOD

Lekker broodjie vir ontbyt of by ‘n braai. Mens kan natuurlik insit wat jy wil. Ek sit soms spinasie ook in. Salami werk ook goed.

  • Meng die eerste 5 bestanddele saam:
  • 1 ½ koppie koekmeel
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1 teelepel sout
  • ½ koppie mature Cheddar, gerasper
  • 2 eetlepels botter
  • 2 eiers
  • ½ koppie melk
  • ½ ui
  • 100 gram spek
  • ½ blikkie suikermielies
  • 1 koppie gerasperde kaas vir bo-oor

Vryf botter in tot mengsel krummelrig is.
Maak ‘n holte in die middel.
Meng die eier en melk.
Snipper die ui en spek en braai liggies in bietjie botter tot deurskynend.
Voeg by eiermengsel. Sit die  suikermielies by en meng deur.
Meng nou die mieliemengsel by jou droë bestanddele en roer deur.
Plaas in broodpan en druk effe plat. Strooi die gerasperde kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond vir ongeveer 25 minute teen 180°C.

Resep geplaas deur Sean O’Brien
Foto: Sean O’Brien

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page