SEAFOOD GINATAAN
{Ginataan} = Filipino term wat verwys na “gekook in gatâ” (coconut milk) :
- ± 100 ml olyfolie
- 1 – 1½ opgekapte uie
- 50 g fyn gekapte rooi, geel en groen soetrissies, na smaak
- gekapte rooi rissie, na smaak
- 250 ml witwyn, Chardonnay of Sauvignon Blanc
- 2 groterige opgesnyde wortels
- 150 g groenbone
- 100 – 150 g vis masala of vis speserye
- 2 teelepels kerrie
- 10 kreef sterte
- 2 x 800 g gemengde seekos pakke
- 600 g mossel skulpies, of die helfte
- 800 g heelmossels of die helfte
- 1 blikkie klappermelk
- sampioen skywe, na smaak
- 10 – 12 skemerkelk tamaties of kersietamaties (cocktail or cherry tomatoes)
- bietjie koljander
Ek begin pot gewoonlik met bietjie olyfolie waarin ek dan die uie met rooi, geel en groen soetrissies en rooi rissie braai. Sodra die geure lekker deurwerk, voeg ek die witwyn by. Ek voeg dan my groente by wat langer kook, soos my wortels en groenbone.
Voeg enige vis masala of vis speserye en die kerrie by vir bietjie skop. Moenie pap kook nie.
Voeg die kreef sterte by, gevolg deur die gemengde seekos pakke en die mossel skulpies en heelmossels.
Nota:
Die hoeveelheid bestanddele wat ek noem, is voldoende vir ‘n nr 3 pot. So ‘n pot behoort gaar te wees binne 75 – 90 minute van begin tot einde.
Voeg die klappermelk (coconut milk) by en laastens die sampioen skywe en tamaties. Hoeveelheid van samioene hang van individu af en sal nie smaak van pot negatief beinvloed nie.
Moenie pot roer nie. Steek jou lepel tot op bodem van pot en lig die bestanddele sodat dit in die hitte van die vloeistof gaar word. Verwyder van hitte en laat die pot staan vir ongeveer 15 tot 20 minute voor jy bedien.
Kerf bietjie koljander en sprinkel oor die potjiekos voor jy bedien.
Bedien met gewone of basmati rys en sprinkel gekapte tiemie of roosmaryn oor rys vir estetiese voorlegging.
Resep en foto: Adrian Carolissen