SCHNITZEL STAPELS
“Vanaand gou schnitzel stacks aan mekaar geslaan.”
- 4 hoenderborsies, gevlek en plat geslaan
- broodkrummels, vir bedekking
- 3 eiers, geklits
- olie, vir braai
- 8 snye gerookte ham
- ± 2 koppies gerasperse cheddar- of goudakaas
- 1 x 250 g pakkie sampioene, gesny
- 1 pakkie wit uiesoppoeier
- 500 ml melk
Doop die borsies in die eier en dan in die krummels.
Braai in warm olie tot goudbruin en hou eenkant.
Voorverhit die oond tot 200 ºC.
Maak die sous deur die soppoeier en melk te meng en mikrogolf die mengsel op hoog tot redelik dik.
Roer die mengsel na elke minuut.
Braai die sampioene tot gaar in ‘n braaipan en voeg dan die sous en ‘n handvol kaas by en laat vinnig deur kook tot die kaas smelt.
Plaas een borsie op ‘n gesmeerde oondplaat met twee snye ham bo-op en strooi ‘n bietjie kaas oor.
Bedek met nog ‘n borsies en sit weer bietjie kaas oor, bak dit in oond net tot die kaas smelt is.
Plaas die stapeltjie op ‘n opdienbord en skep van die sampioenous oor.
Ek het dit saam met kapokaartappels bedien.
Geniet.
Resep en foto: Franco Dippenaar