SAREL SE LEKKER PANNEKOEKE
- 2 liter water
- 6 eiers
- 6 x 250 ml koekmeel
- 30 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 50 ml brandewyn
Meng 1 liter water en 6 eiers. Klits goed.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg die meel lepel vir lepel by die eiermengsel in terwyl jy heeltyd roer.
Voeg die ander liter water by en meng goed totdat dit ‘n gladde beslag is.
Giet die beslag 3 keer deur ‘n sif om seker te maak daar is geen klontjies nie, vryf alles wat in die sif is deur die sif.
Laat die mengsel staan vir 30 minute.
Voor jy bak, meng die brandewyn in by die mengsel en begin bak.
Nota:
Ek bak altyd met twee borde waarop ek die pannekoek uitkeer. Ek strooi kaneelsuiker oor elke pannekoek wanneer ek dit uitkeer, en sit weer die boonste bord terug.
Kante nooit hard nie. As ek klaar gebak het draai ek die borde om en is die eerste gebakte pannekoek nou bo en suiker is lekker gesmelt. (sien foto)
Resep en foto: Sarel Müller