Your Recipe Blog

SARDYNPASTEI MET AARTAPPELKORS

SARDYNPASTEI MET AARTAPPELKORS

Ek het vanaand hierdie gemaak en dit was heerlik 🤤

  • Aartappelkors:
  • 3 groot aartappels
  • 2 eetlepels margarien
  • 1 eier, geklits
  • sout en peper na smaak
  • 2 teelepels bakpoeier
  • Sardynvulsel:
  • 1 blik sardyne in tamatiesous (425 g)
  • 1 koppie dik witsous of mayonnaise
  • 2 uie, fyngekap
  • 2 eetlepels gekapte pietersielie
  • 1 eetlepel asyn of suurlemoensap
  • 2 eiers, geklits

Aartappelkors:
Kook die aartappels in soutwater tot sag en dreineer water af indien te veel .
Druk aartappels fyn, voeg margarien, sout, peper en eier by en meng goed.
Voeg die bakpoeier by en klop mengsel baie goed.
Smeer ‘n oondbak se bodem en kante met margarien en skep die aartappelmengsel in die bak.
Smeer die “kors” op die bodem en teen die kante van die bak.
Voorverhit die oond tot 180°C.

Sardynvulsel:
Dreineer die sardyne en hou die tamatiesous eenkant. (ek het die grate uitgehaal)
Meng die sardyne, witsous of mayonnaise, uie, pietersielie, asyn en eiers. (ek het witsous gebruik)
Skep die mengsel in die aartappelkors.
Skep die tamatiesous oor.
Bak 20 – 30 min tot gaar.

Nota:
Ek het my airfryer oven gebruik (180°C vir 30 min op die bak funksie)

Resep geplaas deur  Nicolette van Jaarsveld
Foto: Nicolette van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page