Your Recipe Blog

SAPPIGE PRUTPOT MACARONI EN KAAS

Recipe by
Cook: 3 ure

SAPPIGE PRUTPOT MACARONI EN KAAS

“Slowcooker Sappige Macaroni en kaas. Dis heerlik en lekker sappig, my familie was mal daaroor!  Amper alles klaar geëet toe onthou ek om die foto te neem. Lekker eet. Absoluut heerlik!”

  • ½ pak rou macaroni
  • 1 blik boerie-relish soettamatie
  • 1 pak rou spek, in stukkies gesny
  • 1 ui, gekap
  • Aromat, na smaak
  • peper, na smaak
  • 2 koppies melk
  • 2 eiers
  • 2 koppies gerasperde cheddarkaas

Bespuit die prutpotbak.
Meng en klits die melk en eiers saam in ‘n maatbeker.
Plaas die rou pasta, rou spek, uie en blikkie tamaties in die bak en meng.
Giet die melk- en eiermengsel oor die pastamengsel.
Strooi die kaas oor en sit die deksel op.
Prut op hoog vir drie ure.

Resep en foto: Sonja Beukes Oosthuizen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page