Your Recipe Blog

SAPPIGE FRIKKADELLE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

SAPPIGE FRIKKADELLE

Heerlike eenvoudige Sondag middag ete… met Malva poeding en vla vir nagereg.

Voorverhit oond op 180°C.

  • 1 kg maalvleis of jy kan worsmengsel ook gebruik
  • 2 groot gekapte uie
  • 1 koppie vars broodkrummels
  • 1 eetlepel asyn
  • 1 eetlepel tamatiessous
  • 1 eetlepel blatjang of sweet chillie sous
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 1 teelepel naeltjies
  • 1 eetlepel fyn koljander
  • 1 eetlepel Worcestersous sout
  • 2 teelepels droë organum
  • ½ teelepel sout
  • 1 geklitste eier

Meng al die bestanddele liggies saam met ‘n vurk, behalwe 1 opgekapte ui. Moenie oormeng nie.
Smeer ‘n oondbak met olie.
Maak bolletjies van die mengsel en plaas in oondbak.
Plaas 1 opgekapte ui in die bak saam die maalvleis bolletjies.
Bak vir 30 minute teen 180ºC.

Resep en foto:  Heleen Nel

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page