SANTIE SE MIKROGOLF SAGOPOEDING
- 2 koppies melk
- ½ koppie sago (hoef nie vooraf te week nie)
- 3 eetlepels botter
- 2 eiers, geskei
- ⅓ koppie suiker
- 2 ml vanilla geursel
- knippie sout
- appelkooskonfyt
- kaneel
Plaas die melk, sago en botter in ‘n bak en mikrogolf vir 10 minute oop by 100% krag (roer gereeld) en daarna 5 min by 50% krag en roer dit elke 2 minute.
Klits die eiergeel en voeg saam met witsuiker, vanilla geursel en sout by die warm sagomengsel. Meng goed deur.
Mikrogolf 2 minute op 100%.
Klits die eierwitte styf en vou in die warm sagomengsel in.
Skep die mengsel in ‘n glas bak van jou keuse en blop so hier en daar appelkooskonfyt bo-oor en strooi bietjie kaneel oor.
Mikrogolf dit 2 tot 3 min oop by 70% krag. Sit dit warm voor.
Resep: Santie Carelse
Foto: Marian van Deventer – Ek het dit melk klappermelk gemaak en dit is heerlik.












