SANEL SE LEKKERSTE APPELTERT OOIT
- Beslag:
- 250 ml suiker
- 3 eetlepels botter
- 3 eiers
- knippe sout
- 250 ml koekmeel
- 75 ml melk
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 blik appels – genoeg om hele tert te kan pak, klein blikkie gewoonlik genoeg
- Sous:
- 200 ml suiker
- 3 eetlepels botter
- 1 teelepel vanilla
- 125 ml melk
- 1 blikkie Ideal Melk
Sif suiker en meng met botter. Meng dan een vir een eier by.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en meng by eiermengsels.
Meng dan melk ook in.
Spuit jou tertbak en skep die beslag daarin. Maak gelyk en pak die appels bo op.
Bak poeding vir so 35 min by 180 ºC tot gaar wanneer jy toets.
Kook sous bestanddele saam vir so 5-10 min.
Gooi sous oor warm tert nadat dit uit oond uitkom.
Nota: Steek paar gatjies oral en help die sous op die kante ook lekker in onder die tert.
Resep en foto: Sanel Burger
2de foto: Adele Horn – Appels met 125gr bloubessies vervang…. Heerlik
My gunsteling! Maar help asb: kan mens d botter en suiker “oorklits”? Tert wat ek gister grmaak het al d appels op d bodem gele en beslag het “koekerig” geproe, niks lekker.
Hi Karlien, ek is regtig jammer om te hoor want hierdie resep is heerlik en baie lede bak hom al vir jare.
Het jy die resep reg gevolg en het jy nie dalk jou rysmiddel of eiers verkeerd ingemeng nie. Dit is baie moeilik om te bepaal wat verkeerd kon gaan, maar die feit dat die appel afgesak het se vir my jou deeg het teveel rysmiddel in gehad en kon nie die gewig van die appels hou nie.. ek gee vir jou een wat ek altyd maak, probeer hom gerus>
JOAN’S APPLE TART
250 ml sugar
250 ml flour
5 ml baking powder
45 ml margarine
3 eggs
2 ml salt
80 ml milk
1 tin pie apples
Cream sugar and eggs very well. Sift flour; baking powder and salt together, then add melted margarine and milk to mixture then the flour mixture .
Place the mixture into pre – greased baking ovenproof rectangular bowl .
Spread the apples evenly onto the mixture and bake for 35 mins in a 180 degree oven
Syrup
200 ml sugar
100 grm margarine
190 ml milk
Boil the syrup 10mins before the tart is ready and pour over the tart separating the sides with a knife so that the syrup can flow all around
Source: Joan Bal
Mmmm baie lekker
Goeie dag, ek wil dit vreeslik graag probeur maar ek hou glad nie van die blikkies appels nie kan ek die blikkie appels met vars appels vervang of sal dit nie werk nie?
Joline, ja jy kan dit mt vars appels vervang, skil en kerf die appels soos jy verkies, kook dit dan in bietjie suiker water tot net sag nie pap nie, dreineer en gebruik. Dit werk perfek.
Lekker bak