Your Recipe Blog

SAMPIOENKOEKIES

Recipe by
| Servings: 10 - 12

SAMPIOENKOEKIES

Ek’t gistraant hierdie heeeerlike sampioeon koekies gemaak.
Dit is ‘n traai van my wat ek beslis weer sal doen.

  • 1 koppie koekmeel
  • 3 eetlepels suiker
  • 2 eetlepels gesmelte botter
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel peper
  • 1 eetlepel rissievlokkies
  • 1 eetlepel droë, fyn knoffel
  • 1 eetlepel Italiaanse kruie
  • 1 opgehoopte teelepel bakpoeier
  • 1 koppie melk
  • 1 pakkie klein sampioene, gekerf (nie te fyn nie)
  • 1 medium groot gekerfde ui

Smoor eers die uie effens en voeg dan die sampioene by en smoor nog ‘n rukkie.
Voeg alle bestanddele,  behalwe die melk, in ‘n mengbak en meng goed.
Voeg die melk bietie vir bietjie by en meng goed sodat dit ‘n redelike stywerige beslag is en nie klonte het nie.
Voeg melk stadig by om te voorkom dat dit te loperig is.
Ek voeg altyd die bakpoeier laaste by sodat dit nie uitgewerk raak veral as dit lank moet staan voor jy bak.
Ek’t dit in my rooi pannetjie oppie kole in redelik warm vlakkerige olie gebak.
Skep lepelsvol in die olie en braai tot goudbruin aan beide kante.
Moenie te gou omdraai nie sodat dit eers aan beide kante kan stol.
Plaas op handdoekpapier om te dreineer.
Dit maak omtrent tien tot twaalf koekies
Hmmmm voor dit oppie tafel kon kom, het ons dit opgeëet.
Djeeerlik…

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page