SAMPIOENHOENDER
- 1 pak gemengde hoenderstukke, ontvries (ongeveer 2 kg)
- 1 groot ui, in ringe gesny
- 1 wortel, in ringe gesny
- 250 g sampioene, opgesny
- 2 koppies koekmeel
- 1 hoender ekstrakblokkie
- 200 ml kookwater
- sout en peper
- hoenderspeserye
- kookolie
Plaas die koekmeel in ‘n bak. Meng speserye, sout en peper in by die meel.
Verhit olie in ‘n pan ongeveer so 1 cm diep olie.
Spoel die hoenderstukke af onder water, rol dit in die meel en braai bruin beide kante in die olie.
Pak die gebraaide stukke in ‘n oondvaste bak.
Maak die hoender ekstrakblokkie aan met die kookwater.
Braai die uie in die olie in die pan tot bruin, voeg die wortels, sampioene en hoenderekstrak by. Kook ongeveer 5 min.
Skep die uiemengsel oor die hoenderstukke, maak die bak toe met foeilie.
Bak 1 uur 30 min op 180º C.
Bedien met rys, want die sous is heerlik.
Resep en foto: Meisie van der Colff