Your Recipe Blog

SAMPIOEN, SPINASIE EN SONGEDROOGDE TAMATIE VARKTJOPS

SAMPIOEN, SPINASIE EN SONGEDROOGDE TAMATIE VARKTJOPS

“Soos belowe… my gunsteling varktjop resep.”

  • 4 varktjops
  • 20 ml botter of varkvet
  • ½ ui, in ringe gesny
  • 6 groot sampioene, in skywe gesny
  • 1 koppie hoenderekstrak
  • 3 songedroogde tamaties, gekap
  • 3 koppies babaspinasie
  • 1 teelepel knoffelpoeier
  • 150 – 200 ml room
  • sout en peper, na smaak
  • 2 teelepels suurlemoensap
  • 4 eetlepels Parmesaankaas, gerasper

Braai die varktjops weerskante in ‘n pan met die botter/vet  tot bruin. Haal uit die pan en plaas eenkant. Braai die uie en die sampioene tot ligbruin, en voeg die ekstrak by. Voeg die tamaties, spinasie en knoffelpoeier by en kook onbedek vir 5 – 7 minute. Voeg nou die room, sout, peper en suurlemoensap by, en meng enige sappe van die tjops ook by. Roer deur en skep die tjops terug in die pan. Skep van die sous bo-oor, sprinkel die kaas bo-oor en prut toe vir vyf minute.
Bedien met groente van jou keuse.

Resep en foto’s: Ilze Jacobs
2de foto:  Hierdie resep werk net so lekker met hoenderdytjies… en saam met skorsies en broccoli is dit koningskos. 😋

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page