Your Recipe Blog

SAMPIOEN, PEPERKORREL EN SPINASIESOUS

SAMPIOEN, PEPERKORREL EN SPINASIESOUS

‘n Vinnige en heerlike steak (of sommer enigiets) sous vir die naweek! ‘n Kombinasie van sampioen sous, geroomde spinasie en ‘n groen peperkorrelsous… alles in een.

  • 250 g sampioene, in skyfies gesny
  • 50 g botter/olie
  • 2 eetlepels groen peperkorrels net 10 ml van die brine
  • 2 eetlepels suurroom
  • 200 ml room
  • 2 eetlepels gerasperde parmesan kaas
  • 1 ½ koppies bab spinasieblare
  • sout en peper na smaak

Braai die sampioene in die botter tot sag. Voeg die res van die bestanddele by en prut oor ‘n medium hitte vir 10 minute. Bedien saam met steak, varktops, hoender… enigiets!

Resep en foto: Ilze Jacobs
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page