Your Recipe Blog

SAMPIOEN, KEKERERTJIE EN AVOKADOSLAAI

SAMPIOEN, KEKERERTJIE EN AVOKADOSLAAI

  • ½ blikkie kekerertjies, gedreineer
  • 6 – 8 sampioene, opgesny
  • speserye na smaak
  • 1 handvol gemengde slaaiblare en roket
  • ⅓ komkommer, opgesny
  • 6 – 8 baba Roma tamaties, in die helfte gesny
  • klein stukkie Parmesaankaas, gerasper
  • 6 – 10 Kalamata olywe, in die helfte gesny
  • 2 opgesnipperde sprietuie
  • handvol geroosterde pampoenpitte
  • 1 klein of ½ groot ryp avokado, in blokkies gesny
  • Tuisgemaakte Griekse jogurtsous:
  • ½ koppie Griekse jogurt
  • 1 teelepel geroosterde komyn
  • paar opgekapte kappertjiesade

Braai sampioene in ‘n pan met ‘n bietjie olyfolie en speserye vir 10 – 15 min. Laat afkoel.
Meng die blaarslaai, komkommer, tamaties, Parmesaan, olywe en sprietuie in ‘n mengbak en skep uit op ‘n bord.
Meng die Griekse jogurt , komyn en ‘n paar opgekapte kappertjiesade saam.
Skep die jogurtsous oor die slaai, en rangskik dan die kekerertjies en sampioenmengsel bo-op.
Rangskik die avokado bo-op en sprinkel met geroosterde pampoenpitte.

Resep en foto: Chante Putter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page