Your Recipe Blog

SAMPIOEN- EN KASJOENEUT TERT MET ROKET

SAMPIOEN- EN KASJOENEUT TERT MET ROKET

Kan bedien word as ‘n vegetariese hoofmaaltyd saam met ‘n slaai of as bykos of voorgereg.

  • 1 pak broskorsdeeg
  • 30 ml olyfolie, plus ekstra
  • 2 uie gekap
  • 4 vingertjies knoffel, gekap
  • 6 takkies tiemie
  • 6 takkies roosmaryn
  • 3 bakkies (150 g elk) Shimeji sampoiene
  • 2 bakkies (100 g elk) Shiitake sampioene, halveer
  • 1 bakkie (400 g) bruin- of wit sampioene, grof gekap
  • 230 g kruie roomkaas
  • 15 ml Maizena, gemeng met bietjie water om ‘n pasta te maak
  • 1 geklitste eier
  • 2 pakkies ( 200 g) kasjoeneute, gerooster en fyn gekap, ekstra vir versiering
  • sout en swart peper na smaak
  • 30 g wilde roket

Voor verhit die oond toto 200 ºC.
Druk die deeg vas in ‘n 23 cm losboom tertpan.
Blind bak die kors vir 10 – 15 minute, net ferm nie bruin nie.
Verhit die olie en braai die uie tot deurskynend, voeg die knoffel en kruie by en braai vir 2 minute.
Haal van die hitte af, verwyder die takkies en sit eenkant.

Braai die sampioene in porsies oor baie warm hitte tot bruin.
Hou helfte eenkant om mee te versier, en voeg die res by die uiemengsel.
Roer die roomkaas, Maizena, eier en neute by en sit sout en peper by na smaak.
Skep die mengsel in die tertkors en bak vir 20 minute of tot die deeg gaar is en die mengsel gestol.
Warm die oorblywende sampioene op en skep bo-op die tert. Sit die roket en neute bo-op.
Bedruip met olyfolie net voor opdiening.
Geniet dit is ryk maar heerklik!!!

Foto: Liezl Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5