SAM SE LEKKER VLATERT
Sondag is om die draai en baie van ons het ‘n soet tand, neh? Ons is al so op van die gewone elke Sondag dat ons amper te bang is manlief of vroulief gaan begin moan. Ek het sommer iets aanmekaar geklap. Die wenk is altyd om nooit vir buurvrou te sê van jou tert nie. Anders kom kuier die hele straat… hahaha. Geniet dit, groete uit Mosselbaai.
- 125 g vlapoeier (1 pakkie)
- 1 liter volroom melk
- 1 blik kondensmelk
- 5 ml vanilla geursel
- 1 koppie suiker
- 2 pakkies Tennis- of Mariebeskuitjies
- fyn klapper as jy het of Peppermint crisp sjokolade
Plaas die vlapoeier en melk in ‘n pot en op matige hitte terwyl jy heeltyd roer, bring dit tot kookpunt totdat die vla lekker dik is.
Voeg jou suiker in sowel as kondensmelk.
Soetigheid is na smaak, jy sal bepaal of dit soet genoeg is en hoeveel suiker jy nog wil byvoeg.
Voeg dan vanilla geursel by.
Moenie die vla laat afkoel nie.
Pak ‘n laag koekies in ‘n tertbak.
Skep ‘n laag vla oor die koekies as eerste laag.
Pak weer ‘n laag koekies op die vla.
Skep die laaste laag vla oor die koekies.
Krimmel nou koekies en strooi oor die vla.
Nota:
Ek het klapper ook oor gestrooi.
Laat afkoel in yskas, hoe langer dit staan hoe lekkerder is die kors.
Ek maak myne altyd die Saterdag middag vir Sondag middag.
Jy kan selfs karamel as ‘n laag insit as jy dit ekstra soet wil hê.
Jy kan ook ‘n Peppermint Crisp oor rasper indien verkies.
Resep en foto: Sam Kannemeyer