“SALTED CARAMEL” MIKROGOLF JOGURTTERT
- Kors:
- 1 x 200 g Mariebeskuitjies
- 125 g bak margarien, gesmelt
- Vulsel:
- 1 kg volroom “Salted Caramel” jogurt (of geur van eie keuse)
- 1 blikkie kondensmelk
- karamel Aero sjokolade, vir bolaag
Krummel die koekies en meng dit met die gesmelte margarien.
Druk die krummels in ‘n gesmeerde tertbak se bodem vas om die kors te vorm en plaas eenkant tot benodig.
Plaas die jogurt en kondensmelk in ‘n mengbak en roer tot gemeng.
Skep die jogurtvulsel op die tertkors.
Plaas die tert in die mikrogolfoond en mikrogolf dit vir 4 minute.
Plaas die tert op ‘n afkoelrak om heeltemal af te koel en plaas die tert dan in die yskas tot heeltemal gestol.
Krummel die sjokolade en strooi dit bo-oor die tert net voor opdiening.
Nota:
Die tertbak se grootte is jou eie keuse hoe dik of dun jy die vulsel verkies. Ek wissel die bak grootte af.
Rina Kleinhans:
Bak die tert alternatiewelik ongeveer 20 min in die oond op 180ºC, sonder die waaier, dit werk baie mooi.
Resep en foto: Marie Dumas Jennings