SALMSLAAI
- 1 blikkie rooi salm
- 1 blikkie pienk salm
- 4 meduim aartappels
- 1 ui, fyn gekap
- 200 ml Helmans mayonnaise
- 6 agurtjies, gekap
- sout
- rooipeper, vir garnering
- Ekstra:
- Melba toast of beskuitjies van jou keuse
Skil en kook die aartappels tot sag en “mash” dit fyn. Dreineer die vis maar hou die water en meng die vis en die res van die bestanddele by die aartappel.
Plaas in die yskas om goed te verkoel.
Indien die slaai te styf is nadat die verkoel is verdun dit met van die water van die vis.
Dien op saam met Melba toast of enige beskuitjies van jou keuse en vars slaaiblare.
Nota:
Dis ook baie lekker op volgraan brood of kan as ‘n pannekoek vulsel gebruik word.
Hoop julle geniet dit.
Foto en resep: Ilona Turner