Your Recipe Blog

SALM, ROOMKAAS EN AVOKADO PIZZA

Recipe by
Cook: 10 - 13 minute | Servings: 1pizza

SALM, ROOMKAAS EN AVOKADO PIZZA

“Viola! Een yummy yum salm avokado pizza.”

  • 1 skoon pizzabasis, grootte na gelang van behoefte
  • salm, na smaak en in repies gesny
  • 1 avokado, grootte na smaak en gesny
  • roomkaas, na smaak
  • vars suurlemoensap, na smaak
  • grasuie, na smaak
  • vars of droë  dille, na smaak
  • sout en peper, na smaak
  • sesamesaad, na smaak

Berei een skoon pizzabasis sonder kaas voor. Bak dit vir ongeveer 10 – 13 minute in voorafverhitte oond teen 220°C en laat dit afkoel vir sowat 20 minute.
Laat die pizzabasis  heeltemal afkoel, dit moet koud wees.
Sny die avokado in die helfte en verdeel dit in dun snytjies en druk vars suurlemoensap bo-oor sodat die avokado nie verkleur nie.
Smeer roomkaas oor die afgekoelde pizzabasis, plaas die avokadorepies en dan die salmrepies op die basis.
Strooi bietjie sout en peper na smaak oor (ek het net peper opgesit en gevind die pizza is sout genoeg vir my).
Jy kan nog vars suurlemoensap bo-oor druk.
Sprinkel vars of droë dille, grasuie en sesamesaad oor en sit voor.

Resep en foto: Sarie Van Vuuren

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page