SALM MUFFINS
- 1 blik pienk salm in pekelwater (410g)
- 150 g Boursin sagte knoffel en kruie kaas
- 100 g Cheddar kaas, gerasper
- 2 eiers, geklits
- 120 ml melk
- gemaalde swartpeper na smaak
- 2.5 ml Tobasco sous
- 1 knoffelhuisie, gepars
- 120 ml bruismeel
- 10 ml suurlemoensap
- 200 g heel mieliepitte, gedreineer uit die blik
- 50 ml fyngekapte pietersiele
- ekstra gerasperde Chedder om bo-op te strooi
Dreineer die salm en pluis fyn.
Voeg die Boursin kaas by en meng goed deur tot ‘n gladde mengsel.
Voeg die gemaalde peper, eiers en melk by, roer goed in, gevolg deur die res van die bestanddele.
Roer weer deur en laat rus so 20 minute.
Smeer ‘n muffin pan of spuit goed met kossproei.
Verhit die oond tot 180°C.
Vul die 12 holtes met die salm mengsel en plaas ‘n hopie gerasperde kaas op elkeen.
Bak vir 30 minute of tot gestol.
Laat so rukkies rus in die pan voordat jy dit uithaal om breek te voorkom.
Foto en resep: Johan Rossouw