SALM- EN TUNA VISKOEKIES
- 400 – 500 g salm (fyn gesnyde dun sushi snytjies is in hierdie resep gebruik)
- 1 ui, fyn gekap
- 1 x 170 g blikkie tuna in water, gedreineer
- 3 – 4 eiers
- 4 aartappels, fyngedruk
- ½ soetrissie, rooi of groen, fyn gekap
- 2 eetlepels pietersielie, fyn gekap
- sout en varsgemaalde pepper na smaak
- Ekstra:
- broodkrummels of koekmeel
- olie vir vlak braai
Meng die tuna en salm saam.
Voeg die ui, eiers, aartappels, soetrissie en pietersilie by.
Voeg sout en varsgemaalde pepper by, na smaak.
Meng alles saam en vorm ± 14 mooi koekies.
Sit in yskas vir ± 2 ure.
Rol in meel of krummels en bak in pan met vlak olie.
Braai mooi bruin aan albei kante.
Haal uit en dreineer op kombuis papier.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk