Your Recipe Blog

SALAMI-PASTASLAAI

SALAMI-PASTASLAAI

Dis ‘n basis om jou hoeveelhede te vergroot. Hou goed vir 2 – 3 in yskas. Geure meng en smelt saam. Delicious!

  • Slaai:
  • 100 g salami
  • 100 g pasta (strikkies, skroefies of klein macaroni gaargemaak volgens aanwysings op pak)
  • 100 g heel pitmielies, gedreineer, of bevrore pitmielies gaar gestoom en gedreineer
  • 12 ontpitte olywe
  • 3 selderystingels gekap, beide lang of kort stingels kan gebruik word
  • 1 klein rooi soetrissie gekap
  • 1 eetlepel pietersielie, vars of gedroog
  • 1 eetlepel basiliekruid, vars of gedroog
  • Sous:
  • 3 eetlepels olyf- of gewone olie
  • 1 eetlepel suurlemoensap, vars of gebottel
  • sout en peper na smaak

Meng die slaaibestanddele liggies deur.
Meng sous bestanddele deeglik en giet oor die slaai.
Laat staan in die yskas vir die geure om lekker te trou.

Resep geplaas deur Ina Marais
Foto: Ina Marais

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page