SAGTE BROODROLLETJIES
Soft Dinner Rolls
- 1½ koppies melk
- 4 eetlepels margarine
- ⅓ koppie suiker
- 1 teelepel sout
- 1 pakkie kitsgis
- 4 koppie koekmeel
- bietjie melk gemeng met 1 teelepel suiker vir oor smeer
Verhit die melk en margarine net lou nie kookpunt nie.
Roer die suiker by tot opgelos.
Voeg die sout en kitsgis by.
In ‘n mengbak sif die koekmeel, maak ‘n holte in die middel en voeg die melkmengsel geleidelik by tot alles gemeng het tot sagte deeg.
Ek het metdie elektriese klitser geknie tot sagte elastiese deeg, maar jy kan ook met die hand baie goed knie tot elasties.
Maak toe en laat rys vir 1 uur, knie af en maak bolletjies. Pak in ‘n vierkantige koekpan en laat rys vir verdere 30 min tot pan vol is.
Bak vir 20 min teen 180° C tot gaar.
Verf met bietjie melk waarin suiker gemeng is sodra dit uit oond kom.
Resep en foto’s: Amanda Bezuidenhout