Your Recipe Blog

RYS- EN LENSIEKERRIE

RYS- EN LENSIEKERRIE

Goed vir diabete. Dit is laag in GI (40)

  • 1 teelepel olie
  • 1 groot ui, gekap
  • 2 knoffel huisies, fyn gekap
  • 1 eetlepel masala
  • 1 teelepel gemaalde rissie of na smaak
  • 1 teelepel borrie
  • 2 – 3 gekapte tamaties
  • 2 eetlepels blatjang of appelkooskonfyt
  • 1 koppie ertjies
  • 2 koppies gaar lensies (ek het bruin gebruik)
  • 1½ koppie rys (bruin is goed, ek het basmati gebruik)
  • 1 teelepel sout (ek gebruik ‘n stock blokkie)
  • 2 teelepels jogurt, opsioneel

Verhit die olie.
Braai die uie, masala en knoffel liggies.
Voeg by borrie, tamatie en blatjang met bietjie water as jy wil 100 ml.
Kook vir 10 min.
Voeg ertjies, lensies, rys en sout by en meng deur.
Bedek en laat stadig kook vir 10 min tot geure meng het.
Roer jogurt deur.

Resep en foto:  Angelica van Wyk Kotze

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page