RYS, EISBEIN EN “LAYS” GEREG
- 1 koppie gaar rys, afgekoel
- ½ medium gaar gerookte eisbein, gesny en afgekoel
- 1 klein wit uitjie, fyngekerf
- 1 medium wortel, fyn gerasper
- 1 koppie “Carribean Onion and Balsamic Vinegar” Lays skyfies, effens fyngedruk
Meng bogenoemde bestanddele buiten die skyfies saam en plaas op ‘n mooi slaaibak.
Voeg die skyfies by net voor opdiening, dit raak pap as dit staan.
Bedien dadelik as ‘n slaai.
Nota:
Jy kan ook ‘n soet mosterd of mayonnaise sous oorsit, ek het die slaaisous weggelaat.
Gedroogde uie in plaas van Lays sal ook lekker wees.
Geen verdere sout of peper hoef bygevoeg te word nie, die liggerookte vark en Lays gee genoeg sout en smaak.
Kan ook warm bedien word (Braai die uie gaar en laat afkoel, meng saam met die res va die bestanddele en voeg die Lays steeds laaste by net voor opdiening).
Resep en foto’s: Christelle van Rooyen